Hello!

Ons is 'n Ma (Petro) en Dogter (Ilani) span wat opgewonde is oor Kruisie werk. Ons het begin met die idee van kruisie werk op hout. Ons het patrone begin uitwerk en dit laat laser sny. Ons produkte het begin groei tot waar dit vandag is. Ons werk ook nou op leer en ons dink elke dag aan nuwe idees wat almal kan inspireer om weer handwerk self te doen. 

Ons produkte kom meerendeels net in DIY kits. In die kit is alles wat jy nodig het:  jou hout item, DMC gare, naald, patroon en instruksies vir 'n beginner. Daar kan op aanvraag 'n gewerkte item gekoop word.

As jy ‘n produk wil verpersoonlik deur ‘n naam op te sit of ‘n ander patroon wil hê, kontak ons gerus en ons sal vir jou ‘n ontwerp doen.

Hoop julle gaan lekker kruisie steek saam met ons!

HAPPY STITCHING!!

© 2018 by Just Love Stitch